Koebaai Osama. Ja, bykans tien jaar later het Amerika uiteindelik hulle geregtigheid gekry. Of eerder, het Amerika die doodsvonnis voltrek op die massamoordenaar.
Hou egter in gedagte dat die doodsvonnis nie algemeen toegepas word in Amerika nie. Net soos wat dit die geval is in die res van die wêreld. Baie mense ondersteun dan ook hierdie standpunt dat nie eers 'n regering die reg het om 'n mens se lewe te neem nie. Nie eers na deeglike oorweging deur 'n volle regsbank van hooggeleerde regters en advokate alle bewyse oorweeg het en daardeur tot die oortuiging gekom het dat die doodsvonnis wel gefel behoort te word op 'n saak met meriete nie.
Waarom is so baie mense wat dan gekant is teen die doodstaf so verheug oor Osama bin Laden se dood? Is dit nou in orde dat Amerika wel die doodsvonnis toegepas het op een persoon? Gaan die teenstanders van die doodstraf nou van standpunt verander?
Ek wonder maar sommer...
No comments:
Post a Comment